Kunene steier steeds onder voedseltekorte
Honger in die Kunene-streek was nog altyd ‘n probleem, hoofsaaklik weens ‘n gebrek aan voldoende reën. Die streek is droogtegevoelig en die verslegtende droogte noop al lank sommige boere om met hul beeste na ander streke te trek op soek na weiding. Duisende vee en die lewensbestaan van mense in die streek, waar die situasie nou kritiek is, word bedreig. Dudu Murorwa, ‘n parlementslid wat in die Kunene-streek boer, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die situasie gepraat.