Tanya Chutkan weier om aan Trump-verhoor te onttrek

Die Amerikaanse distriksregter, Tanya Chutkan, sê sy gaan nie aan Donald Trump se saak oor inmenging by die 2020-verkiesing onttrek nie. Die voormalige president voer aan vorige opmerkings wat Chutkan gemaak het teen beskuldigdes in die 6 Januarie-aanval, skep die indruk dat sy bevooroordeeld is teen hom. Chutkan, wat deur Barack Obama aangestel en ʼn gewese openbare verdediger is, sê die opmerkings wat Trump se regspan aanvoer kom beslis nie neer op ʼn diepgesetelde vooroordeel wat ʼn regverdige uitspraak onmoontlik maak nie. Trump word beskuldig dat hy saamgesweer het om sy nederlaag in die 2020-verkiesing omver te werp.