Siviele eis teen Mashatile se BBP-manne

Die herrie rondom die Suid-Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile se BBP-beskermingseenheid weier om te gaan lê. Action Society gaan ‘n siviele eis van 1,15 miljoen Suid-Afrikaanse rand indien teen die polisieminister, Bheki Cele, en die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, namens ‘n bestuurder wat in die onlangse BBP-eenheid-voorval in Johannesburg beseer is. Die strafsaak teen agt van Mashatile se BBP-beskermingslede is tot 9 November uitgestel. Hulle is op video opgeneem toe hulle ‘n motoris op die N1-hoofweg aangerand het en staan tereg op aanklag van aanranding, opsetlike saakbeskadiging en die rig van vuurwapens. Ian Cameron van Action Society sê die siviele eis sluit mediese uitgawes en skadevergoeding in: