GreenCo kry sy uitvoerlisensie

Africa GreenCo-groep, deur sy Namibiese bedryfsmaatskappy, GreenCo Renewable Energy Services, sê die Elektrisiteitsbeheerraad het sy uitvoerlisensie uitgereik. GreenCo Power se streeksbestuurder vir Sake-ontwikkeling, Chisha Chisha, sê hierdie stap sal die energielandskap totaal hervorm en terselfdertyd die Namibiese elektrisiteitsektor ‘n hupstoot gee. Hy sê GreenCo sal deur sy verbintenis met sleutelspelers in die Namibiese elektrisiteitsektor help om hernubare energiebronne, insluitende sonkrag en wind, doeltreffend te benut, terwyl dit die oopstelling van die elektrisiteitsvoorsieningsbedryf vergemaklik: