EFF se Maandag-betoging in die Wes-Kaap wek kommer
Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, het sy kommer uitgespreek oor moontlike wetteloosheid tydens die EFF se beplande betogings. Hy sê verskeie belanghebbendes het die provinsie se gereedheid beoordeel vir die versetoptrede, wat vir Maandag beplan word. Allen sê wetteloosheid, insluitend geweld, intimidasie en die beskadiging van eiendom, sal nie geduld word nie. Hy het ‘n beroep op die EFF en alle betogers gedoen om hul demokratiese reguit te oefen om op ‘n vreedsame wyse te betoog: