Ent jou dier teen hondsdolheidSeptember 27, 2023

Môre herdenk die wêreld. Wêreld Hondsdolheidsdag. Die dag word sedert 2007 herdenk in ‘n poging om die dodelike virus hok te slaan. Hondsdolheid kom in Namibië voor en dit is uiters belangrik om troeteldiere in te ent. Die siekte versprei veral wanneer dit droog is. Veearts dr. Theuns Laubscher van die Windhoek Veeartsenykliniek, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.