VSA-hoesstroopvervaardigers berispe oor sterftes

Die Amerikaanse Voedsel en Medisyne-administrasie slaan toe op lakse toetspraktyke deur talle vervaardigers van gesondheidsorgprodukte ná honderde sterftes oorsee weens besmette hoesstroop. Internasionale nuusagentskappe berig dat die administrasie vanjaar minstens 28 maatskappye berispe het. Hy sê dat hulle nie daarin geslaag het om voldoende toetsing van bestanddele wat in oor-die-toonbank medisyne en verbruikersprodukte gebruik word toegepas het nie. Veral die gifstowwe etileenglikol en diëtileenglikol is gevaarlik. Die administrasie het in die verband en waarskuwingsbriewe aan vervaardigers gerig.