Studente, varsity-werkers in Nigerië bevry

Sestien studente en werkers is bevry nadat hulle ontvoer is deur gewapende mans wat hul universiteit verlede week in die noordweste van Zamfara-staat aangeval het. Veiligheidsprobleme is een van die groot uitdagings wat president Bola Tinubu in die gesig staar maar hy het nog nie sy planne uitgespel om die ontvoerings te beëindig nie.