Polisie in Florida stop 10-jarige bestuurder in ma se kar
’n 10-jarige seun van Florida en sy 11-jarige suster wat na Kalifornië weggeloop het, het 320 kilometer in hul ma se motor gery voordat hulle deur die polisie op ‘n snelweg voorgekeer is. Die polisie het die sedan naby Gainesville in Noord-Florida opgemerk. Die kinders se ma het dit vier uur tevore as gesteel en haar kinders as vermis aangemeld. Die meisie was glo ontsteld dat hul ma haar elektroniese toestelle weggeneem het weens wangedrag, en daarom het die seun haar na Kalifornië gery. Die ma het geweier om aanklagte in te dien en die kinders is aan haar vrygelaat.