Ontsluit buitelanders se potensiaal in vaardigheidskrisis, sê instituut
Suid-Afrika se sekerheidstudies-instituut het onthul die land beleef ‘n aansienlike verlies aan vaardige beroepslui, wat die land in groot getalle verlaat. Die stigter van die instituut, Jakkie Cilliers, het aan Newzroom Afrika gesê die uittog van vaardighede wek kommer omdat die kundigheid van dié mense lewensbelangrik is vir die land. Cilliers sê die uittog is weens dwingende kwessies wat insluit misdaad, die verswakkende ekonomie en korrupsie. Hy sê die regering behoort die potensiaal wat buitelanders na die land kan bring te ontsluit.