Vakbond vra vir ondersoek na weermag-tragedies
Die vakbondfederasie Cosatu het sy meegevoel betuig met die families van die sewe personeellede van die Suid-Afrikaanse nasionale weermag wat die afgelope week in twee afsonderlike voorvalle omgekom het. Drie SA vlootlede, insluitend die eerste vroulike duikbootaanvoerder, het hul lewens tydens ‘n oefen-ongeluk in Kaapstad verloor, terwyl ‘n padongeluk naby Upington die lewens van nóg vier weermaglede geëis het. Cosatu vra vir deeglike ondersoeke deur die weermag en die militêre ombud, en benadruk die belangrikheid daarvan om maksimum veiligheid, gesondheid en veiligheidsmaatreëls vir weermag-lede te verseker.