Indië gee Australië pak in eerste eendagwedstryd
Krieket: Indië se jong aanvangskolwers het in Mohali seker gemaak van ‘n maklike vyf-paaltjie-oorwinning oor Australië, nadat die snelbouler Mohammed Shami vyf paaltjies ingeoes het om die besoekers in die eerste eendag-wedstryd tot 276 te beperk. Die waarnemende kaptein KL Rahul, wat die loot gewen en besluit het om Australië in te stuur om te kolf, het ‘n onoorwonne vyftigtal bygedra in Indië se beurt. Beide spanne beskou die reeks van drie eendagwedstryde as sleutel-voorbereiding vir hulle veldtog in volgende maand se Wêreldbekertoernooi.