Windhoek se Onder 13-Burgemeestersbeker wil lewens verbeter
Die Onder 13-Burgemeestersbeker is ‘n jaarlikse sportgeleentheid wat deur die Stad Windhoek aangebied word, in samewerking met die Khomas-streek se skoolsportkantoor. Die sportbyeenkoms vind op 23 September by die Khomasdal Sportstadion plaas vanaf 07:30. Die geleentheid is deel van die stadsraad se jeugontwikkelingsinisiatief, wat daarop gemik is om sportprogramme te skep wat die lewens van inwoners, veral jongmense, verbeter. Stad Windhoek se woordvoerder, Celie Kapolo, het meer inligting met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.