Perde-eenheid vir Etosha vandag bekend gestel
Die omgewingsministerie sal vandag sy amptelike perde-eenheid by Okaukuejo in die Etosha Nasionale Park bekendstel. Die eenheid is saamgestel om die stropery en wildmisdaad in die park te bekamp. Dit is geen toeval dat dit op Wêreld-renosterdag aangekondig word nie. Terwyl daar nog geen amptelike syfers in verband met die stroop van die dier vanjaar is nie, is daar in die eerste helfte van die jaar ten minste ses renosters in die park gestroop. Gedurende Mei vanjaar is renosters in die park onthoring en terwyl sommige kenners meen dat dit stropery bekamp, is dit ook baie keer die geval dat stropers so ‘n dier sal skiet omdat hulle nie weer die dier se spoor wil vat nie.