Taai stryd wag op Sundowns teen PiratesSeptember 20, 2023

Sokker: Mamelodi Sundowns, die verdedigende kampioene in die Premierliga, lyk hierdie seisoen weer na die span om te klop. Hulle is na ses wedstryde in die kompetisie steeds onoorwonne, maar ‘n taai wedstryd lê vanaand voor teen een van die reuse van Soweto, Orlando Pirates. Sundowns se afrigter, Rulani Mokwena, erken die Spanjaard, José Riveiro, het aansienlike vordering gemaak sedert hy hom verlede jaar by Pirates aangesluit het: