Kagame bevestig hy sal weer staan
Rwandese president Paul Kagame het bevestig dat hy van plan is om vir ‘n vierde termyn te staan. Die land gaan volgende jaar na die stembus. Die 65-jarige sê hy is tevrede met die vertroue wat Rwandese in hom gestel het en dat hy altyd sal dien, solank as wat hy kan. Kagame het in 2015 omstrede grondwetwysigings daargestel wat hom toegelaat het om vir meer termyne verkies te word en tot 2034 aan bewind te bly. Kagame, ‘n voormalige rebellehoof, het in April 2000 president geword, maar word sedert die einde van die volksmoord in 1994 as die land se de facto-leier beskou.