SASSA moenie Posbank gebruik nie – DA

Die DA het ‘n dringende beroep op die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekuriteitsagentskap, SASSA, gedoen om alternatiewe banke vir toelaagbetalings te oorweeg. Dit volg na meer as 600 000 begunstigdes vertragings in die gesig gestaar het, insluitend bejaardes en gestremdes wat nog nie hulle betalings ontvang het nie. Alexandra Abahams van die DA het die Posbank se mislukking om die betalings te doen as die jongste in ‘n reeks van tegniese glipse bestempel wat kwesbare begunstigdes byna maandeliks raak. Die DA meen enige ander Suid-Afrikaanse bank kan beter as die Posbank vaar.