SA se energie-aksieplan vandag in die soeklig
Die Suid-Afrikaanse minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, gaan vandag op ‘n mediakonferensie ‘n opdatering gee oor die instelling van die Energie-aksieplan. Suid-Afrika sukkel met ernstige energie-uitdagings met fase ses-beurtkrag wat verlede week weer gegeld het. Die regering sê dit het weereens die diepgewortelde stelselmatige kwessies binne die land se energie-infrastruktuur blootgelê. Die land wissel tans tussen fases drie- en vier-beurtkrag, wat kommer laat ontstaan oor die bestendigheid van die kragnetwerk.