Rossmund het nie verkoop nie, wat nou vir DBN?
Die tweede veiling vir die Rossmund-gholflandgoed het die week misluk. Berigte lui die reserwepryse was te hoog. Die landgoed word op instruksie van die hoërhof opgeveil na ‘n aansoek deur die Ontwikkelingsbank van Namibië oor amper 20 miljoen Namibiese dollar se skuld. Kosmos 94.1 Nuus het met Toni Hancox, direkteur by die Regshulpsentrum gepraat oor wat volgende is.