Twee verkragtings deur Nampol bevestig
Die Namibiese polisie het twee verkragtingsake bevestig. Die eerste het by ‘n nedersetting naby Mururani in die Kavango Wes-streek plaasgevind met ‘n 17-jarige leerder wat verkrag is deur twee seuns, 16 en 17 jaar oud. Die 16-jarige is op skool maar die polisie sê nie een van die twee verdagtes is deel van die gemeenskap nie. Hulle verskyn vandag. In die tweede geval is ‘n 32-jarige vrou naby Onayena in die Oshikoto-streek verkrag en aangerand. Die 29-jarige verdagte is aangekeer en sal vandag in die hof verskyn.