DBV lê klag oor video waar Malema koei 11 keer met ‘n mes steek
Die DBV het ‘n strafregtelike klagte van dieremishandeling teen die leier van die EFF, Julius Malema, by die Magaliesburgse polisiestasie in Gauteng aanhangig gemaak. Dit volg op die verskyning van ‘n video waarin hy sukkel om ‘n koei te slag tydens die party se tiende verjaarsdagviering in Julie. Die koei was by haar volle positiewe toe hy haar 11 keer met twee klein messe gesteek het. Die DBV se woordvoerder, Jacques Peacock, sê dis duidelik Malema het herhaaldelik pyn en onnodige lyding toegedien. Hy sê hulle sal help met die ondersoek en moontlike vervolging.