Poolse familie salig verklaar na hulle Jode in WWII red
Poolse Rooms-Katolieke ouers en hul sewe kinders word Sondag salig verklaar nadat hulle tydens die Tweede Wêreldoorlog deur Nazi’s vermoor is. Jozef en Wiktoria Ulma het ‘n Joodse gesin vir 18 maande weggesteek en almal is afgemaai toe hulle ontdek is. Volgens die Vatikaan was Wiktoria hoogswanger en het geboorte geskenk toe sy vermoor is. Die baba is ook geskiet, saam met die ander kinders van tussen 18 maande en sewe jaar. Die gesin is later opgegrawe en waardig herbegrawe. Saligverklaring is die laaste stap voor heiligheid.