Jordie dalk op die bank in Vrydag se wedstryd teen Frankryk

‘n Agterspeler van die All Blacks, Jordie Barrett, kan dalk nie saam met broers, Beauden en Scott, aansluit in Vrydag se Wêreldbeker-openingswedstryd teen die gasheer Frankryk in Parys nie. Hy sukkel met seer knieë en kon hierdie week nie oefen nie. Die hulpafrigter, Scott McLeod, sê die Kiwi’s is aangespoor deur verlede maand se vernederende nederlaag van 35-7 teen die Springbokke, hulle hou nie daarvan om te verloor nie en wil die saak regstel. Hy sê om teen die gasheer en een van hul grootste teenstanders te speel, voeg verdere motivering by. Die hoofafrigter, Ian Foster, sal môre sy wedstrydgroep van 23 spelers aankondig.