Impak van stygende brandstofprys word betreur
Brandstofpryse styg vannag, nes plaaslik, ook in Suid-Afrika. Die Vryheidsfront Plus sê volgehoue ekonomiese groei is deurslaggewend om stygende brandstofpryse teen te werk. Die party stel voor die vertroue in ekonomiese en politieke bestendigheid moet herstel word om die Suid-Afrikaanse rand se waarde te versterk, wat sal lei tot verlaagde brandstofkoste, laer inflasie en ‘n sterker ekonomie. Die woordvoerder, Wynand Boshoff, sê stygende brandstofkoste stel verbruikers se kwesbaarheid bloot aan faktore buite hul beheer, soos wisselkoerse en oliepryse.