Fase ses-beurtkrag vanaf vanoggend, tot verdere kennisgewing
Eskom het fase ses-beurtkrag vanaf vyfuur vanoggend tot verdere kennisgewing in werking gestel, weens die verlies van verdere opwekkingseenhede. Die kragvoorsiener sê ‘n verdere twee eenhede by die Lethabo- en Matla-kragstasies moes oornag vir dringende herstelwerk afgeskakel word. Die Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê sedert Sondag is ‘n opwekkingseenheid elk by Kriel- en Medupi-kragstasies ook vir herstelwerk afgeskakel: