‘Burners’ begin hul uittog by Black Rock City
Duisende Burning Man-bywoners het hul “uittog” begin terwyl die see van klei-modder begin opdroog het. Reën oor die naweek het die gebied in ‘n modderbad verander wat meer as 70 000 feesgangers vasgekeer het. Die perseel, Black Rock City, is sowat 24 kilometer van die naaste dorp in die deelstaat Nevada geleë. Vir dae is sowat 73 000 mense beveel om te aan te bly en kos en water te bespaar, aangesien amptenare die paaie en uitgange gesluit het. Dit neem ongeveer vyf ure om die perseel te verlaat.