6 Jan: Voorsitter van Proud Boys vandag gevonnis

’n Voormalige voorsitter van die regse Proud Boys sal vandag gevonnis word vir sy rol in 6 Januarie opstand. Enrique Tarrio is skuldig bevind aan verskeie aanklagte, insluitend opruiende sameswering sowel as sy rol in die beplanning daarvan. Federale aanklaers het die distriksregter Timothy Kelly gevra om Tarrio 33 jaar tronkstraf op te lê terwyl sy prokureurs vir ‘n aansienlike korter vonnis gevra het.