Niger: Duisende betoog teen Frankryk
Duisende betogers in Niger eis dat Frankryk sy troepe terug trek en die land verlaat. Niger se militêre regime het Vrydag Frankryk beskuldig van “blatante inmenging” deur die land se afgesette president te steun. Sedertdien het tienduisende mense aangesluit by die betoging, naby die Niger militêre basis waar Franse soldate gestasioneer is. Betrekkinge met Frankryk, die land se voormalige koloniale mag en bondgenoot in sy stryd teen jihadisme, het vinnig verswak nadat Parys sy voortgesette ondersteuning vir president Mohamed Bazoum verklaar het.