Gordhan belowe om Transnet se uitdagings aan te spreek
Die buurland se minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het die versekering gegee hy gaan Transnet se agteruitgang stuit. Dit volg na die logistieke groep ‘n verlies van 5,7 miljard Suid-Afrikaanse rand vir 2023 bekendgemaak het, wat in sterk kontraks staan met ‘n vorige wins van 5 miljard rand. Gordhan het benadruk ‘n omvattende hersiening sal onder die raad se nuwe leierskap gedoen word. Hy het die behoefte aan onmiddellike optrede beklemtoon – veral binne Transnet-spoorvrag. Gordhan het die raad opdrag gegee om binne drie weke aanbevelings te maak en te fokus op uitvoerende bestuur, prestasie-kwessies, herstrukturering, deursigtigheid en kostebesnoeiings om finansiële volhoubaarheid te verseker.