DA baklei teen Nersa se goedkeuring van R24 miljard ekstra vir Eskom
Die DA sê die energie-reguleerder Nersa se goedkeuring van Eskom se aansoek vir ‘n bykomende 24 miljard Suid-Afrikaanse rand sal ‘n verdere styging in kragkostes tot gevolg hê. Die party beoog om Nersa se besluit vir die goedkeuring van ‘n tariefverhoging van 31,4 persent op 11 September in die Hooggeregshof in Pretoria te betwis. Ghaleb Cachalia van die party waarsku die bykomende goedkeuring kan elektrisiteit onbekostigbaar maak, veral vir lae-inkomste huishoudings, terwyl verset teen die huidige verhogings alreeds voorkom: