AU hou SME-forum vir ontwikkeling
Die Afrika-unie sê hy verskerp pogings om die groei van klein-sakeondernemings op die vasteland te bevorder. As deel van die voortgesette pogings, sal die tweede jaarlikse AU-MSMEs-forum van 4 tot 8 September by sy hoofkwartier in Addis Abeba, Ethiopië, aangebied word. Die unie is van mening dat MSME’s, of te wel, mikro-, klein en medium-ondernemings die dryfkrag agter innovasie in Afrika is, wat ‘n beduidende rol speel in die ontwikkeling van nuwe tegnologieë, produkte en dienste. Die maatskappye beslaan tot 90 persent van alle besighede op die vasteland en verskaf 85 persent van werksgeleenthede.