Onwettig operateurs teister toeriste by Walvis-hawe

Ongelisensieerde taxi’s en toeroperateurs word volgens berigte ‘n bedreiging vir die passasiers-toerismebedryf by die hawe op Walvisbaai. Volgens wat berig word, word toeriste voorgekeer en geteister deur onwettige operateurs wat toere en vervoer aanbied tydens die vaartuie se dagbesoeke. Namport het uiters hard gewerk om as bestemming vir passasierskepe erken te word en toerisme op die dorp kry ‘n groot hupstoot hierdeur. Belanghebbendes het oor die uitdaging vergader en ‘n laaistelsel, registrasie en polisiëring het onder die loep gekom. Namport het ook aangedui dat hy stelsels sal ontwikkel voor die piekseisoen vir passasierskepe in Oktober afskop.