Pous Franciskus praat nie Russiese imperialisme goed

Pous Franciskus het geen bedoeling gehad om die Russiese imperialisme goed te praat nie. Die Vatikaan het in ‘n verklaring gereageer op kritiek van Oekraïne. Die Vatikaan sê die pous wou net Russiese jong mense aanmoedig om hul kultuur te beskerm en te bewaar en gesê dat hulle die nageslag van tsaars soos Peter en Katharina die Grote is. Dié twee heersers het die Russiese Ryk in die 17de en 18de eeue uitgebrei. Dié uitbreidings het onder meer dele van Oekraine ingesluit. Die Russiese President, Vladimir Putin het verlede jaar na hulle nalatenskap verwys om sy inval in Oekraïne te regverdig. Die Oekraïnse regering het die Pous se opmerkings as betreurenswaardig bestempel. Die Kremlin het egter sy tevredenheid oor die Pous se opmerkings uitgespreek.