Boulter se regspan sal uitstel vra in saak teen PGAugust 28, 2023
Die saak waar die Britse sakeman en moordbeskuldigde, Harvey Boulter, poog om die beslissing van die aanklaer-generaal Martha Imalwa vir sy vervolging te hersien kom weer vandag voor regter Herman Oosthuizen voor. Boulter word van die moord beskuldig op sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk ná ‘n noodlottige skietvoorval op sy plaas in Februarie 2021 in die Kamanjab-distrik. Die saak moes voorkom vir saakbestuur maar, die respondente het nie hul stukke betyds ingedien nie en dus kon hy nie daarop antwoord nie. Die partye sal in alle waarskynlikheid vra dat die regter die saak uitstel. Intussen duur die Fishrot-beskuldigde en oud-minister Bernhardt Esau se borgaansoek voor regter David Munsu vandag voort.