Britse babamoordenares sal lewenslank agter tralies deurbring

Die Britse verpleegster wat skuldig bevind is aan die moord op sewe pasgebore babas, sal die res van haar lewe agter tralies deurbring. Die 33-jarige verpleegster, Lucy Letby het vanaf 2015 oor ‘n tydperk van 13 maande die babas in ‘n hospitaal in die noorde van Engeland vermoor, en nog ses probeer vermoor. Die regter het gesê die moorde was wreed en berekend en het aan sadisme gegrens. Hy het gesê daar is geen versagtende omstandighede nie. Die regter het ook gesê Letby kan nooit vir parool oorweeg word nie.