Unam bied steun ná beweerde selfmoord van dosent
Studente en personeel van die Universiteit van Namibië is geskok nadat ‘n vroulike dosent van die Hifikepunye Pohamba-kampus op Ongwediva na bewering selfmoord op die perseel gepleeg het. Die oorledene is geïdentifiseer as die 56-jarige Nuusiku Shaanika. Volgens die Namibiese polisie van die Oshana-streek is haar liggaam vanoggend in haar lesinglokaal ontdek waar sy glo haarself opgehang het. Die oorledene se naasbestaandes is reeds van haar dood ingelig is. Die polisie-ondersoek na die saak duur voort. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van Unam, Simon Namesho gepraat wat sy simpatie uitgespreek het.