Uitspraak vandag in Amushelelo se borg-appèl verwagAugust 14, 2023
Uitspraak in die appèl teen die Katutura-landdros se besluit om Michael Amushelelo borgtog te weier wat op 24 Julie in die Windhoekse hoërhof aangehoor is, word vandag verwag. Hoërhof-regters Naomi Shivute en Philanda Christiaan is op die bank. Amushelelo is op Onafhanklikheidsdag saam met aktivis Dimbulukeni Nauyoma en PDM-parlementslid Inna Hengari in hegtenis geneem na ‘n mislukte optog teen jeugwerkloosheid in die hoofstad. Nauyoma en Hengari is kort na hul arrestasie op borg vrygelaat, maar Amushelelo is sedertdien in aanhouding met ‘n string ander verwante klagte, met die oortreding van borgreëls in soortgelyke gevalle, teen hom. Daar is vroeër berig dat dit nie goed gaan met sy vrou se gesondheid nie en finansieel kry die egpaar baie swaar.