Sokker: Al-Hilal koop Neymar vir N$2 miljard

Sokker: Die Saoedi-Arabiese Pro-liga-klub, Al-Hilal, het die dienste van Neymar vanaf Paris St-Germain bekom vir twee miljard Namibiese dollar. PSG het die Brasiliaanse voorspeler ses jaar gelede vir ‘n wêreldrekordfooi van 4,8 miljard dollar gekoop. Die 31-jarige sal sowat drie miljard dollar per seisoen by sy nuwe klub verdien – ses keer meer as by PSG. Neymar het eers verlede maand weer begin oefen ná ‘n operasie in Maart en is nie deel van die bestuurder, Luis Enrique, se planne vir die nuwe seisoen nie. Neymar het 173 wedstryde vir PSG gespeel en die Franse klub gehelp om 13 trofees in te palm.