Patriotic Alliance bloei Stad Johannesburg – DA
Die DA in Johannesburg beskuldig senior lede van die Patriotic Alliance daarvan dat hulle onwettig hoogsbetaalde poste in die stad beklee, wat belastingbetalers miljoene per jaar kos. Die DA sê, die PA nasionale voorsitter, Charles Cilliers, beklee onregmatig twee poste in die stad. Hy is die Direkteur: Uitvoerende Ondersteuning vir die lid van die uitvoerende raad vir Menslike Nedersettings, asook die voorsitter van die Johannesburgse Padagentskap. Belinda Kayser-Echeozonjoku van die DA sê Cilliers verdien gesamentlik in die twee posisies sowat 1,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand per jaar: