Kenner reageer op Netumbo wat sê ons is oor 7 jaar selfversorgend met voedsel
Aanmerkings deur die minister van internasionale betrekkings Netumbo Nandi-Ndaitwah wat sê Namibië sal teen 2030, oor net sewe jaar, kan voldoen aan al sy voedselvereistes, het wenkbroue laat lig. Daar is talle uitdagings waaronder nie net beleid en befondsing nie, maar ook klimaat en infrastruktuur. Namibië se voedselsekerheid is power met duisende huishoudings wat staatmaak op sakke pap wat maandeliks voorsien moet word om kos op die tafel te sit. Namibië is ook ‘n netto-invoerder van sy stapelvoedsel, mielies. Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher, sê die uitdagings het talle dimensies.
Met verkiesings op die horison sê dr. Laubscher dit is maklik om ‘n politieke kombers oor die kwessie te plaas.