Burgerlike organisasies praat vandag geldsake met Shiimi

Die ministerie van finansies en Nasionale Beplanningskommissie hou vandag konsultasies oor die middeltermyn begrotings-oorsig met burgerlike organisasies soos die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing en die Hanns Seidel-stigting. Die tipe konsultasies is deel van die ministerie se jaarlikse bedrywighede, beide voor die nasionale en middeltermyn begroting. Die vergadering vind vanmiddag vanaf half-drie in die hoofstad plaas en stel die finansministerie in staat om te bepaal waaraan nodige fondse bestee moet word. Die middeltermyn begroting word normaalweg in Oktober bekend gemaak.