Taxi-staking raak Namibië se winkelrakke

Daar word ontwrigting op winkelrakke in Namibië verwag, aangedryf deur die onluste in die Wes-Kaap. Berigte uit die buurland toon dat die taxi-staking voortduur, veral in die Wes-Kaap. Dit was veronderstel om Woensdagnag af te sluit maar die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad in die Wes-Kaap sê hy sal voortgaan met sy wegbly-aksie hangende ‘n oplossing vir al die uitstaande kwessies met die Minibus-Taxi-taakspan. Terwyl nie alle kettingwinkels alleenlik op Kaapstad staatmaak vir die invoer van verskeie produkte nie, is daar talle wat uit die Wes-Kaap ingevoer word. Logistieke word deur die geweld beïnvloed en vervoermaatskappye moet alternatiewes ondersoek. Veral SPAR het geduld van kliënte gevra in die verband, sou daar ‘n tekort aan hul gunsteling produkte voorkom.