Smith kry toegang tot Trump se Twitter-rekening
Spesiale advokaat Jack Smith se span het in Januarie ‘n lasbrief gekry vir rekords wat verband hou met voormalige president Donald Trump se Twitter-rekening. Intussen het ‘n regter het ‘n boete van 350 000 Amerikaanse dollar op die maatskappy gehef omdat hy die sperdatum om te aan die eise van die lasbrief te voldoen, misgeloop het. Smith se span het herhaaldelik melding gemaak van Trump se twiets in ‘n aanklag wat verlede week ontseël is en wat die voormalige president daarvan beskuldig dat hy saamgesweer het om die wil van kiesers te ondermyn en aan mag vas te klou nadat hy die 2020-verkiesing aan die Demokraat Joe Biden verloor het. Op die manier sal Smith ook toegang kry tot presies watter toestel die twiet gestuur het en ook, twiets kan kry wat uitgevee is. Smith sê die gebeure van 6 Januarie is ongekend in Amerika se geskiedenis.