Patriargie moet end kry

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, doen ‘n beroep op werkende mans en vroue om die stryd teen patriargie en geweld teen vroue en kinders aan te pak. Daar is op die oomblik meer as 6 miljoen werklose vroue in Suid-Afrika. Die oorgrote meerderheid naamlik 51 persent, is swart vroue. Saftu se adjunk-hoofsekretaris, Nontembeko Luzipo, sê die stryd teen patriargie is nie net vroue se stryd nie, maar een wat die samelewing as geheel moet aanpak: