Kolisi loof die Bokgroep
Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, sê ál 33 spelers in sy Wêreldbeker-groep is ten volle fiks. Drie senior spelers, Lukhanyo Am, Handre Pollard en Lood de Jager, het weens beserings nie die Wêreldbeker-spanlys gehaal nie. Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi keer terug na ‘n lang afwesigheid weens ‘n kniebesering. Suid-Afrika sal opwarmingswedstryde teen Wallis en Nieu-Seeland speel voordat hulle oor presies ‘n maand hul Wêreldbekerstryd amptelik afskop met ‘n wedstryd teen Skotland in Marseille. Kolisi het die Bokke se leierskapsgroep geloof: