Heli se ongeluksverslag in komende dae bekend

Die ondersoek na die helikopter-ongeluk wat die lewens van die 54-jarige vlieënier Jacques Jacobs en die 29-jarige lugvaartingenieur Dirk von Weidts geëis het, vorder goed. Die ongeluk, wat op 17 Julie op Swakopmund plaasgevind het, het ook ‘n nadraai in die hof gehad met aantygings van vervalsing van dokumentasie in verband met die tuig. Die hoof van die direktoraat van vliegtuigongeluk-ondersoeke in die vervoerministerie, kaptein Magnus Abraham, sê die voorlopige verslag sal in die komende dae voltooi wees. Hy verduidelik.