78ste herdenking van Fat Man op Nagasaki… Oppenheimer praat
Dit is vandag 78 jaar sedert Fat Man, ‘n 21-kiloton plutoniumbom, op Nagasaki in Japan deur die Amerikaners laat val is. Dit was drie dae na Hiroshima met Little Boy aangeval is. Die bom, wat deur die nou bekende Robert Oppenheimer, oor wie daar tans ‘n rolprent draai, ontwerp is, was eintlik vir die stad Kokura, waar Japan ‘n groot wapenaanleg gehad het, bestem maar, dit was bewolk en die bemanning van Bockscar, het nie sigbaarheid gehad nie. Daar word beraam tot 75 000 mense is onmiddellik dood. Die besluit om Fat Man te gebruik was om aan Japan te wys dat die VSA genoeg voorraad van kernwapens gehad het en aan sou hou om hulle teen die land te gebruik tot Japan oorgee. Oppenheimer het in 1965 met CBS News gepraat oor of die besluit reg was.
TERUG: Hy is ook op rekord dat hy gesê het die beëindiging van die oorlog op hierdie wyse, beslis wreed, is nie ligtelik aangepak nie. Maar ek is nie vol vertroue dat ‘n beter opsie toe beskikbaar was nie. Hy het bygevoeg… Ek het nie ‘n baie goeie antwoord op hierdie vraag nie.