Niger se lugruim is gesluit

Niger se militêre junta het die land se lugruim gesluit en voer aan dis weens dreigemente van militêre ingryping. Dit volg nadat die Ekonomiese Gemeenskappe van Wes-Afrikaanse State met militêre optrede gedreig het indien president Mohamed Bazoum nie gisteraand teen elfuur vrygelaat en weer in sy amp aangestel is nie. Die junta het op die 26ste van verlede maand ‘n staatsgreep uitgevoer. Twee van Niger se buurlande, Burkina Faso en Mali, het gewaarsku hulle sal enige militêre ingryping in Niger as ‘n oorlogsverklaring teen hulle beskou.