Nehemia sê water in die Etaka-Uuvudhiya-kanaal is van kritieke belang
Die uitvoerende hoof van NamWater, Abraham Nehemia sê alhoewel daar weiding in sommige dele in die noorde van die land is, is daar ‘n ernstige gebrek aan water. Dit is die rede waarom begin is om water te vanaf die Olushandjadam te pomp in die Etaka-Uuvudhiya-kanaal, wat oor 130 kilometer in die Noorde strek. Die water is slegs geskik vir vee-verbruik en landboudoeleindes. Volgens Nehemia het die kantoor van die eerste minister 3 miljoen Namibiese dollar bewillig om die voltooiing van die projek te verseker. Hy het hoop dat die water in die Olushandjadam tot die reënseisoen beskikbaar sal wees om water aan die kanaal te voorsien. Nehemia het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…