Groot kommer oor ‘nuwe’ beleggingsbeleid
Daar heers kommer oor die omstrede wetsontwerp op die bevordering en fasilitering van beleggings wat volgens kenners talle gebreke het. Die wetsontwerp het oproer in die privaat sektor veroorsaak en kritiek is uitgespreek dat dit duidelik die beginsels van ‘n oop en vryemark-ekonomie weerspreek. Die handelsministerie onder leiding van minister Lucia Iipumbi hou vanoggend vanaf nege-uur ‘n raadgewende vergadering oor die belangrike konsepwet by Nipam in die hoofstad. Eben de Klerk, ‘n navorser van die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…